Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Jesus ons Redder

Die volgende dag sien Johannes
Jesus na hom toe kom, en hy sê:
Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem
Johannes 1:29

Wie is Jesus Christus?

Sommige mense haat Hom, ander lag Hom uit en Christene aanbid Hom. Maar wie is Jesus Christus?

Jesus was nie net 'n eenvoudige leermeester soos sommige mense van Sy eie tyd gedink het en andere nou hier in ons tyd ook wil beweer nie.

Christene glo dat Hy by verre meer as 'n gewone mens was. Vir Christene is Hy inderdaad die Enige gebore Seun van God. Sy geboorte,  lewe, dood aan die kruis en opstanding uit die dood, het die gang van die menslike geskiedenis radikaal verander.

Christus se liefde stel mense in staat om 'n betekenisvolle, waaragtige, persoonlike verhouding met God die Vader te verkry, waarby ingesluit die wonderlike genadegeskenk van vergifnis en redding.

Jesus Christus was en is:

  • Die Redder, Saligmaker, Middelaar, Messias en Heiland
    Lees die volgende Bybelgedeeltes: Jesaja 53:4-7; Miga 5:2;
    Markus 14:61-62 en Johannes 4:25-42

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Hy is die Messias soos geprofeteer in die Ou Testament
    • Sy koninkryk is die koninkryk van God en waar Sy navolgers in vrede en liefde verenig is
  • Ten volle Godelik
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Johannes 1:1; 14; en 20-31

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Jesus is die Seun van God
    • Hy is vlees geworde God, wat na die wêreld gekom het om die mensdom los te koop. Jesus Christus is die vlees geworde Woord van God
  • Ten volle Mens
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Lukas 1:26-35; Markus 1:12-13 en Fillepense 2:5-8
    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Die Christus het 'n maagdelike geboorte gehad
    • Hy het die versoekings, hartseer en pyn verduur net soos die mens
    • Sy dood was fisies en vernederend
  • Sonder sonde
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Hebreërs 4:14-16
    Matthéüs 4:1-11

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Hoewel heftig versoek deur die bose, het Jesus nie gesondig nie
    • Hy het die straf van die dood nie verdien nie
  • Die laaste Adam
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Romeine 5:12-21
    1 Korinthiërs 15:21-22 en 45-49
    Génesis 3:6

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Ons Redder Jesus Christus voorsien vergifnis en nuwe lewe, en vernietig die sonde en dood wat Adam oor die mensdom gebring het
  • Die Hoëpriester
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Hebreërs 3:1; Hebreërs 4:14-15 en Hebreërs 7:24-27

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Christus verbind die mens direk aan God
    • Hy was die sondelose, volmaakte en hoogste offer vir sonde. GÉÉN ander offer óf priester is nodig vir vergifnis van die Here nie
  • Die saligmakende Redder
    Lees die volgende Bybelgedeeltes:
    Johannes 3:16; 36, Johannes 5:24, Johannes 11:25; Hebreërs 9:14-15 en Lukas 24:5-7

    Bogenoemde gedeeltes dui aan:
    • Ten spyte van Sy sondeloosheid het Jesus gekies om te sterf en die mensdom se straf vir ons sondes te ontvang, sodat ons gered kan word.
    • Deur Sy opstanding het Hy die sonde, die dood, die bose en die verderf oorwin
    • Hy belowe ewige lewe vir dié wat in Hom glo

  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons almal het gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja,
Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.
Jesaja 53:4-7

 

 

Tuis
Werfkaart
Voorwoord
Bekering
Redder
Gebede
Beginsels
Wat nou?
Beroep!
Begrippe
Bemoediging
Dankbaarheid
Bybelboeke
Skrifverwysings
Konsepte
Drukweergawes
Kommentaar
Dankie!
Kontak

Op

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net