Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

 

Geestelike beginsels

God het die mens lief

Die Bybel sê in Johannes 3:16 "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

Ons ewige bestaan (ewige lewe) is dus van soveel belang, dat God die Vader Sy Seun as offer gegee het. Maar Jesus het ook gekom dat ons 'n volle lewe mag leef. Nie net 'n bestaan nie, maar 'n lewe met betekenis en waarde. Jesus sê in
 Johannes 10 vers 10: "... Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."

Die mens is sondig, verlore en het 'n Redder nodig

Ons sondes verwyder ons ver van God en verhinder ons om God se liefde en Sy wil vir ons lewens voluit te weet en te doen.

Die Woord sê in Romeine 3:23 "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God."

Die mens se selfsugtige koppigheid het dus gelei tot die geweldige sondeval en sy volgehoue ongehoorsaamheid en grootsheidswaan lei tot die afbreking van sy verhouding met God. Dit lei uiteindelik tot rebellie teen die Almagtige Heilige God. So 'n rebellie staan bekend as sonde. So 'n situasie (opstand teen die Grote God) verdien net die dood. Daar is niks wat die mens vanuit sy eie kan doen om weer die verhouding tussen hom en God te herstel nie. Nie eie sg. "goeie dade" nie, nie 'n "goeie lewe" nie, nie filosofieë nie en nie godsdienste nie. Dis slegs die aanneme van Jesus Christus as jou persoonlike Redder en Saligmaker, wat daardie skeiding kan oorbrug, wat weer die verhouding kan herstel.

Jesus Christus is die Weg

Jesus Christus is die enigste Weg wat deur God die Vader voorsien is. Deur Jesus as jou Verlosser aan te neem, word jou sondes afgewas en die skeiding herstel.

Híér is drie sake van belang:

  • Jesus het ons plek geneem in die straf
  • Jesus het opgestaan uit die dood
  • Jesus Christus is die enigste Weg

Jesus het ons plek geneem

In Romeine 5:8 kom ons baie duidelik te wete dat Christus vir ons sondes en in ons plek gesterf het.

Jesus het opgestaan uit die dood

Jesus het op die derde dag opgestaan uit die dode en het aan talle persone verskyn. Daar was baie ooggetuies wat Hom na Sy opstanding gesien het. (Lees oa. in die nuwe Testament by 1 Korinthiërs 15:3 tot 6) Dit is dus duidelik dat Hy ons sondelas kom oorneem en betaal het, maar meer nog, die dood oorwin het!

Jesus Christus is die enigste Weg

Jesus Christus is die enigste weg. Talle groepe voel hewiglik geaffronteer deur hierdie feit, maar die Bybel is duidelik daaroor. In Johannes 14 vers 6 staan daar: "Jesus antwoord hom: Ek is die WEG en die WAARHEID en die LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."

Ons moet Jesus as ons persoonlike Saligmaker aanneem

Die aanneme van Jesus as Saligmaker is individueel. Elke mens moet dus berou kry, bekeer en Jesus as persoonlike Saligmaker aanneem. Jesus word deur GELOOF aangeneem, nie deur werke, afstammeling, besittings, kennis of deur enige ander ding nie.

"Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie." (Efésiërs 2:8 en 9)

As ons berou het, bekeer en Jesus aanneem, word ons skoongewas en weer gebore. Lees gerus die gedeelte van die gesprek tussen Jesus en Nikodémus wat handel oor wedergeboorte. (Johannes 3 verse 1 tot 8)

Ons moet Jesus innooi in ons hart en lewe. Dit is 'n geloofsdaad. Deur net die kennis te hê of 'n emosionele moment te hê is beslis nie wat bedoel word nie. Die geloofstap is 'n wegdraai vanaf die sonde en die eie wil af, 'n verwerping van sondige gedagtes, woorde en dade en 'n vaste vertroue dat Christus ons kom afwas van al ons sondes. Dat Hy die Koning van ons hart word en beheer kom oorneem. Dat ons jammer is en innig berou het oor die oortredinge van die verlede en vas glo dat Jesus nou in en deur ons sal kom werk tot eer en verheerliking van die Vader se Naam. Dat die Heilige Gees in en deur ons kom werk, sodat ons kan groei en God en Jesus al hoe beter kan ken en liefhê.

Plaas Jesus Christus vandag in beheer van die troon van jou hart en lewe. Maak Hom die Stuurman van jou lewenspad en kyk net watter verskil dit vir jou maak.

 

Dankie Here dat U my gered het

 

 

 

Tuis
Werfkaart
Voorwoord
Bekering
Redder
Gebede
Beginsels
Wat nou?
Beroep!
Begrippe
Bemoediging
Dankbaarheid
Bybelboeke
Skrifverwysings
Konsepte
Drukweergawes
Kommentaar
Dankie!
Kontak

Op

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net