Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

Gebede

Soos belowe op die vorige bladsy, word hieronder nou 'n paar voorbeelde van gebede voorsien. Die bedoeling en erns van die hart is egter van veel groter belang as die gebruik van presiese woorde. Die berou en voorneme om die rug te keer op sondes en om in geloof Jesus Christus en Sy kruisdood en opstanding aan te neem en te glo aan Sy redding, is van primêre belang.

Gebed 1

Hemelse Vader, ek aanvaar en weet dat ek U wette oortree het en dat dit skeiding tussen U en my gebring het. Ek verklaar vandag, nou op hierdie moment, dat ek innig jammer is oor my oortredings, sondes en afvallighede. Ek wil nou bitter graag wegdraai van al my sondes en U aanvaar as die Koning van my hart, lewe en hele bestaan. Vergewe my asseblief van al my vieslike sondes en help my om sondes van nou af te vermy en met hand en tand te weerstaan deur die genadige werking van U Heilige Gees.

Ek glo dat U Seun, Jesus Christus, vir al my sondes gesterf het aan die kruis en dat ek deur hierdie gesprek met U skoon gewas word van my sondes. Dankie dat Jesus opgewek is uit die dood, sit aan U regterhand en my gebed hoor en by U voorspraak maak vir my.

Ek nooi Jesus om die Koning van my lewe en hart en siel en gees te word. Om van nou af my lewe en hart te regeer volgens U wil. Voorsien asseblief die werking van die Heilige Gees om my te help om naby U te leef, U te gehoorsaam, om die res van my lewe U wil vir my lewe, uit dankbaarheid, uit te leef. Ek vra dit met 'n nederige hart, in Jesus Christus se Naam.    Amen

Bekering: Gebed 1. Gee Hom jou hart
Kliek duimnael vir groter weergawe

Gebed 2

Genadige Hemelse Vader, wat my na Uself getrek het in die naam van U Seun Jesus Christus, ek besef nou dat ek 'n sondaar is en dat Jesus Christus die enigste Weg, die Waarheid, die Lewe en die enigste Middelaar tussen U en my is.

Ek bely al my talle sondes. Ek glo vas dat Jesus Christus met Sy kosbare bloed en kruisdood vir my sondes gesterf het en so met U versoening kom bewerkstellig het. Ek glo dat Jesus op die derde dag opgestaan het uit die dode en vir my intree by U. Ek is innig en diep uit my hart bitterlik jammer vir al my sondes wat U so affronteer en ek wil graag wegdraai van al die sondes. Wees my, 'n sondaar, asseblief genadig. Kom was my en vergewe my van my skuld en sondes.

Here Jesus ek wil U graag dien en eer. Help my asseblief om u Woord beter te leer ken, U te gehoorsaam en getrou te volg van vandag af. Laat U Heilige Gees my kom vul en voed.

Goddelike Here, ek is opreg en innig dankbaar vir hierdie wonderlike moment van oorgawe wat U deur tyd en ewigheid bestem het, dat U my kom red het van my sondes wat my so vieslik verstrik het. Bewerkstellig asseblief nou deur die werking van U Heilige Gees 'n totale en groot en besliste verandering in my lewe, sodat my handel en wandel eer sal bring vir U Heilige naam.

Ek bely Jesus as Koning van my lewe en met my volle hart glo ek dat ek gered is. Ek erken Jesus as my persoonlike Saligmaker en glo dat ek nou 'n wedergebore Christen is.

Dankie Jesus, dat U in my lewe gekom het en my hart en lewe kom genees het en my gebed verhoor. Ek vra dit in die naam van my Here en Redder, Jesus Christus.   Amen

Bekering: Gebed 2. Gee Hom jou hart
Kliek duimnael vir groter weergawe

 

Gebed 3

Hemelse Vader, ek kom pleit by U vir genade en vergifnis van my sondes.

Ek bely met my mond en glo in my hart dat Jesus Christus U Seun is, wat aan die kruis op Golgota gesterf het vir al my sondes, sodat ek ewige lewe in U hemelse koninkryk mag hê. Vergewe my al my sondes.

Vader, ek glo dat Jesus opgestaan het uit die dode en ek pleit nou by U om in my lewe te kom en die Koning van my lewe te wees. Ek gryp U aan as my persoonlike Saligmaker. Kom asseblief in my lewe en help my om U in erns, voluit te dien, die res van my lewe.

U Woord is waar en waaragtig en ek glo nou vas dat U my sondes vergewe het deur Jesus se bloed en dat ek nou as vrygemaakte, skoongewaste kind van U, wedergebore is deur die inwerking van U Heilige Gees, wat my voortaan gaan leer, lei en bewaar.

In die wonderlike naam van ons Redder, Jesus Christus, DANKIE wonderlike, genadige, almagtige Vader.   Amen

Bekering: Gebed 3. Gee Hom jou hart
Kliek duimnael vir groter weergawe

 

Gebed 4

Almagtige Hemelse Vader, wees my, 'n sondaar, asseblief genadig. Ek glo in U en dat U Woord, die Bybel, waar is. Ek glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is. Ek glo dat Hy aan die kruis gesterf het vir al my sondes, sodat ek volle vergifnis van al my sondes ontvang en die ewige lewe kan verkry. Vader, ek glo U het Jesus uit die dood opgewek. Ek weet sonder U in my hart, siel en gees, is alles, wat ek uit eie krag probeer, sonder ware betekenis.

Here Jesus, U alleen is my Middelaar. Vergewe my asseblief vir al my sondes. Hulle is menigvuldig en sonder die afwassing van U bloed, verdien ek die dood. Jesus Christus, vergewe my asseblief en kom woon in my hart. Word asseblief my persoonlike Saligmaker, my God en my Redder.

Ek buig nou in aanbidding neer en gee my lewe totaal oor aan U. Neem asseblief volle beheer oor vanaf hierdie moment. Ek bid dit in Jesus Christus se Heilige naam.  Amen

Bekering: Gebed 4. Gee Hom jou hart
Kliek duimnael vir groter weergawe

 

Gebed 5

Here Jesus, ek het U nodig. Dankie dat U aan die kruis vir my sondes gesterf het. Ek maak nou die deur van my hart en lewe oop en nooi U in as my Redder en Here. Dankie dat U al my menige sondes vergewe en dat U die ewige lewe aan my skenk. Kom maak my die persoon wat U wil hê ek moet wees.  Amen

Bekering: Gebed 5. Gee Hom jou hart
Kliek duimnael vir groter weergawe

Jesus is ons Redder en Saligmaker

Gebede of woorde kan nie red nie. Net Jesus en u volle en ernstige oorgawe aan Hom as u Redder en Saligmaker kan dit doen. As u in opregtheid berou het, gebid het en na die Hemelse Vader gegaan het in die naam van Jesus Christus, lees gerus wat die Bybelboek van Romeine sê. Daar staan:

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. (Romeine 10:9 tot 11)

Ek het gebid en Jesus in my hart geneem en my lewe aan Hom gegee. Wat nou?

Voorstelle hoe om die geloofspad nou verder te loop
(Drukweergawes) van die Gebede is beskikbaar
Lees gerus ook by Geestelike beginsels

Dalk wil u ook nog drie ander mooi gebede lees. Besoek dan enige van die volgende skakels:
Gebed vir my dierbares
Hantamgebed
Hantam Prayer

 

 

Tuis
Werfkaart
Voorwoord
Bekering
Redder
Gebede
Beginsels
Wat nou?
Beroep!
Begrippe
Bemoediging
Dankbaarheid
Bybelboeke
Skrifverwysings
Konsepte
Drukweergawes
Kommentaar
Dankie!
Kontak

Op

 

TuisWerfkaartVoorwoordBekeringRedderGebedeBeginselsWat nou?Beroep!BegrippeBemoedigingDankbaarheidBybelboekeSkrifverwysingsKonsepteDrukweergawesKommentaarDankie!Kontak

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net