Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Wedergeboorte

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie,
kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Johannes 3:3



Meer oor Wedergeboorte

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Johannes 3:1–8 (Jesus se gesprek met Nikodémus)
2 Korinthiërs 5:17 (Alles word nuut)
Efésiërs 5:8 (Wandel soos kinders van die lig)
Kolossense 3:1-17 (Laat die Woord ryklik in julle woon)

Die Here dring ons tot bekering en wedergeboorte en gee dit as geskenk vir ons, omdat Hy ons lief het soos aangedui in
 Jeremia 31:3,1 Petrus 1:3-4 en Titus 3:5.

Die HERE het aan my verskyn uit die verte:
Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde;
daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.
Jeremia 31:3

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat
 na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het
 tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
1 Petrus 1:3-4

en

Titus 3:5
nie op grond van die werke van geregtigheid
 wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid
het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte
en die vernuwing deur die Heilige Gees

By bekering, waar die sondaar 'n doelbewuste en vasbeslote ommekeer wég van die afvallige lewe maak en tot God nader, gebeur daar ook die wonderlike geestelike sielservaring van wedergeboorte. As ons "Ja" sê vir God en in vaste, opregte geloof, aanvaar dat Jesus ons Skepper en Leidsman is, gee die Here ook vir ons 'n splinternuwe innerlike. Ons word as't ware weer gebore in die siel en gees. Van daar af verander ons gedagtes, dade en menswees al hoe meer en meer na ons hemelse Vader toe. Ons begin al hoe ernstiger en ernstiger dring en groei na dié dinge wat die Here vir ons wil. Sy wil word vir ons die allerbelangrikste. Ons lê ons nie net neer by Sy wil vir ons nie, nee, ons smag na die algehele oorgawe en toewyding om God met alles wat ons het, te dien en te eer. Ons word deel van die Ware Wingerdstok (Jesus) en van God die Vader wat die Landbouer is, soos ons in Johannes 15 vers 1-2 sien. Ons is dan deel van die Christen-familie. Deel van die Herder se kudde en begin voluit te leef tot eer van die Here.

En die "bril" waardeur ons kyk na die wêreld en al sy dinge, is uitsluitlik vanuit die Bybelse rigtingwysers. Ons strewe daarna om God die Vader te eer.

1 Petrus 1:23
want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie,
maar uit onverganklike, deur die lewende woord
van God wat tot in ewigheid bly.

Maar ons sien duidelik in Lukas 11 vers 13 dat ons moet en mag vra vir 'n wedergeboorte en die ontvangs van die Heilige Gees. Daar is selfs 'n belofte by, dat ons goeie, genadige Vader ook hierdie wonderlike geskenk aan ons gee, as ons net vra. Ons moet vra vir die ontvangs van die Heilige Gees, sodat ons volwaardig wedergebore kan wees en tot volle geloof kan ontwikkel.

Lukas 11:13
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader
die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Wedergeboorte verander jou hele wese, nes die vlinder wat uit die kokon kom. Daar vind 'n hele nuwe begin plaas in hart, siel, gees, verstand, emosies en karakter. Ja die hele wese verander. Die begeerte om die ou sondige dinge agter te laat en 'n nuwe begin te maak, waarmee God geëer word, word nou die totale fokus en innige strewe.

Wedergeboorte is nie net belangrik nie, maar noodsaaklik vir ons nuwe verhouding met God. Vra Hom vandag in Jesus se Naam om jou tot wedergeboorte te dring en te bring. Ons Here hoor Sy kinders bid.


I believe a great number of people are going to die and go to hell, because they're counting on their religiosity in the church in stead of their relationship with Jesus to get them into heaven. They give lip service to repentance and faith, but they've never been born again. (Rogers)

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net