Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Redding

Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Romeine 10:8-11



Meer oor Redding

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Handelinge 4:12 (Geen ander ene as Jesus nie)
Hebreërs 10:11–18 (Volkome redding)
Jesaja 55:6–7 (Soek die Here)
Romeine 10:13 (Roep die Here aan)

Redding is nie ooit deur onsself nie. Dit is 'n besondere geskenk van God, 'n genadegawe van die Here wat ons in geloof en dankbaarheid aanvaar, dus al wat ons moet doen is om die geskenk aan te neem en te glo. Efésiërs 2:8 sê: Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Daar is ook niks wat onsself kan doen om redding te verwerf nie. Die Bybelboek Titus stel dit so in hoofstuk 3:5. "Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die weder-geboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.

Redding is vir die verlede, hede en toekoms en Jesus het dit vir ons verkry. Efésiërs 1:7 stel dit so: In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade,

In Hebreërs 7:25 is dit soos volg aangedui: Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

Waarom is redding nodig?
In Handeling 16, lees ons van die bewaarder wat meteens besef het dat hy redding nodig het. Waarom is redding nodig?

Die mens word in sonde ontvang en gebore, want ons voorouers het in die tuin van Eden gesondig deur ongehoorsaam te wees aan God. Daardie sonde, en die doodse nagevolge daarvan, kan geen mens wegkry of herstel nie. Dit is om daardie rede dat Jesus, as mens na die aarde toe gekom het. Hy is die enigste Redder en alleen Sy werk aan die kruis is voldoende as offer. Hy is die volmaakte en voldoende Offerlam, wat die sondlas van die ganse mensdom kom reining het.

Hoekom is redding van belang?
D
ie mens is sondig en sonde, sonder uitsondering, lei na die ewige dood.

Wat is die gevolge om nie gered te wees nie?

  • Die mens is verlore en sonder hoop
    Efésiërs 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, ver-vreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

  • Die mens is sonder geestelike seën, gebrekkig en onheilig
    Efésiërs 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

  • Die mens is gedoem tot 'n biddelose lewe of 'n lewe waarin gebede nie gehoor word nie
    Johannes 9:31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié verhoor Hy.
    Spreuke 15:29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.

  • Die mens het 'n lewe sonder verlossing
    Romeine 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

  • Die mens is gedoem om die tweede dood ook te sterf  Openbaring 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Waarvan word ons gered?

  • Nie noodwendig van pyn en siekte nie.
    (Hoewel sommige mense tog van die wonderwerkende krag van die Here kan getuig na gebed vir verligting van pyn of 'n langdurige siekte)

  • Nie noodwendig van angs of vrees nie (Hoewel mense tog getuig dat na hul redding baie van die angs en vrese bedaar of geheel en al verdwyn het)

  • Nie noodwendig van verveeldheid of onvolwassenheid nie (Hoewel alle gelowiges van voller en meer doelgerigte lewens kan getuig)

  • Nie noodwendig van bekommernis en spanning nie
    (Hoewel gereddes groei in geloof en bekommernisse en spanning met meer oorwinning kan hanteer)

  • Nie noodwendig van lyding en dood nie
    (Hoewel ons as gereddes salige berusting en troos in God's Woord vind)

Maar as ons nie noodwendig gered word van al die bogenoemde nie? Waarvan word ons dan gered?

Die mens wat sy/haar hart vir Jesus oopmaak en gee, word gered van die sonde. Ons word gered van die oordeel wat die sonde meebring en die doodstraf wat die sonde na lei. God het ons nie bestem vir die wraak en die hel nie, maar om gered te word.

1 Thessalonicense 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

Ons sien 'n soortgelyke verklaring in 1 Timótheüs 2:3-4.
1 Timótheüs 2:3-4 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

God wil dat ons die waarheid oor die ewige lewe en Sy liefde te wete kom. God wil dat alle mense gered word, maar Sy liefde is so eg dat Hy ons toelaat om self te kies of ons Hom terug lief wil hê.

Nou pleit ek by jou, as jy die Here nog nie waarlik ken nie, om na Hom toe te kom in nederigheid. Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word. (Handeling 16:31)

Elke mens het 'n keuse.
1. Ons kan 'n selfsugtige, sinlose, afvallige, ongehoorsame lewe leef sonder God

OF
2. Ons kan 'n God-gesentreerde, gelowige lewe, doelgerig en met goeie vrugte leef.

Josua 24:15
Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

Meegaande verse om ook nog op te volg: Handeling 16:25-31; Romeine 3:10-12 en Romeine 6:11-15.

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net