Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Geloof

Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle,
as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen
 wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.
En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

Matthéüs 21:21-22



Meer oor geloof

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Hebreërs 11:1-40 (Galery van gelowiges)
Romeine 5:1-2 (Deur geloof toegang verkry tot genade)
Efésiërs 6:10-20 (Geloof as wapenrusting)
1 Johannes 5:4 (Geloof oorwin)

Hebreërs 11 is 'n belangrike hoofstuk om te lees as mens beter wil verstaan wat geloof is. Hebreërs 11:1 definieer geloof as volg:

 "Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop,
'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."
Hebreërs 11:1

Die gedeelte in Hebreërs 11 noem dan 'n aantal persone in die geskiedenis en hoe hulle hul geloof toegepas het. Mense soos Abraham, Noag, Abel, Sara en andere.

Al ons dade is vuil en onregverdig voor ons bekering, as ons nie glo in God nie. Selfs na bekering, as ons nog sondig en dinge in ongeloof en onregverdigheid doen, bly ons dade besoedel. Sonder geloof is dit onmoontlik om die Here tevrede te stel. Hebreërs 11:6 dui dit so aan: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. En Romeine 1:17 sê: Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Openbaring 3:20

Geloof in God en Jesus Christus as ons Saligmaker, is dus van kardinale belang. Elke persoon het 'n mate van geloof ontvang, maar moet self 'n keuse maak om Jesus as Redder en Saligmaker aan te gryp, om sodoende die genadegawe van redding en ewige lewe in ontvangs te neem, wat Jesus reeds vir ons voorberei en verkry het.

Die geloof wat gelowiges ontvang is dieselfde vir alle gelowiges, naamlik die geloof van Jesus Christus en deur Sy regverdigheid. Petrus, daardie groot apostel van die vroeë kerk, dui in sy skrywe aan dat ander mense byvoorbeeld net so groot geloof gekry het as hyself. Mens kan maar sê, 'n geloof wat mens op water kan laat loop. Kyk wat lees ons in 2 Petrus 1:1Simeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus.

Ware geloof in die ware Skepper is van ewigheidsbelang. Baie mense soek en soek na Jesus, maar gló Hom nie, soos Jesus tereg sê in Johannes 6:36. "Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie."

Daar is ongelukkig aaklige en dodelike gevolge vir sulke half-hartige soekers, wat eintlik nie regtig die waarheid wil hoor nie en NIE die Waarheid opreg wil volg nie. Kyk net na die vreeslike aanmerking wat Jesus maak oor dié sulkes wat Hom sogenaamd soek, maar tog nie in Hom glo nie.

Matthéüs 7:20-24

20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.
22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?
23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Om gered te word, moet ons nie net soek en kies nie, maar ons moet ook GLO in Jesus Christus ons volkome en enigste Verlosser, soos hierbo in Hebreërs 11:6 aangedui. Ons moet glo dat Hy ons enigste Middelaar is, dat Sy offerdood aan die kruis ons sondes afgewas het en dat Hy sodoende vrede tussen ons en God die Vader bewerkstellig. En as ons inderdaad glo sal ons dit met ons mond bely en die dankbaarheidsvrugte in ons lewens voluit, uitleef.

Geloof moet ook standvastig, opreg en sonder twyfel in die Here en Sy weldade wees. As geloof sterk is, kan ons met inwerking van die Heilige Gees kragtige dade verrig, maar as geloof swak en klein en vol twyfel is, faal ons. Kyk na die volgende Bybel-gedeeltes:

Uit bogenoemde voorbeelde kan ons sien dat daar groot dinge gebeur as daar geloof is in God. En nou, as ons onsself Christene noem en daadwerklik bekeer, gered en wedergebore is, moet ons ons geloof uitleef in Christelike dade tot eer van God.

Jakobus sê in Jakobus 2:26 dat geloof sonder werke, sinneloos is. Dis as't ware soos 'n pragtige skat wat diep in die aarde weg-gesteek is.

Die Here is die Voleinder van ons geloof. Hy roep ons, red ons, lei ons, leer ons en bring ons na die bestemming van Sy begeerte vir ons.

Hebreërs 12:2
2. ... die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder
 van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant
van die troon van God gaan sit het.

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net