Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Heiligmaking

Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
2 Thessalonicense 2:13



Meer oor Heiligmaking

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Romeine 6:19-23 (Heiligmaking lei tot die ewige lewe)
2 Korinthiërs 7:1 (Heiligmaking volbring)
1 Thessalonicense 4:7-8 (Geroep tot heiligmaking)
Hebreërs 12:14 (Vrede en heiligmaking)

Jesus wil graag hê ons moet gesalf wees en heiligmaking al hoe meer ontvang. So bid Hy vir ons, ja ook vir jou en vir my, Sy kudde. Kyk wat sien ons in die Bybel daar in Johannes 17 verse 18-20

18 Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—

Voorwaar, die Here Jesus het SELF vir ons, wat nou leef en in erns in Hom glo, gebid vir heiligmaking. Wat 'n grootste gedagte om te probeer visualiseer en in te neem! Ek dank die Here vir daardie gebed, wat so oop en bloot daar in die Bybel is. Ja, sowaar vir my en vir alle ander gelowiges.

Heiligmaking is 'n voordurende proses en iets waarna die Christen al hoe meer en meer moet streef. Dit word so beskryf in 2 Korinthiers 7 vers 1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

En in 1 Korinthiers 6 verse 10-11 lees ons ook hóé belangrik heiligmaking is.

1 Korinthiers 6:10-11

10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Waarom sou mens 'n baba in die geloof wil bly? 1 Petrus 2 vers 2 sê dat ons na suiwer geestelike voedsel moet smag. Ja, ons moet inderdaad groei in die geloof en tot oorlopens toe vol vrugte van die geloofsgees dra.

Heiligmaking kan ook nie uit ons eie krag gebeur nie. Jesus belowe dat ons die Trooster, naamlik die Heilige Gees sal ontvang, wat ons sal herinner aan Jesus se Boodskap en ons sal leer en lei en daar bring binne die Vader se wil vir ons. (Johannes 14 vers 26)

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Romeine 12:2

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net