Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Middelaar



Ons Middelaar

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

1 Timótheüs 2:5 (Slegs een Middelaar)
Hebreërs 9:15 (Hy is Middelaar van 'n nuwe testament)
Hebreërs 8:6 (Middelaar van 'n beter verbond)
1 Johannes 2:1 (Hy tree in vir ons)

In Jesaja 53: 4-7 lees ons van Jesus wat vir ons oortredings en sondes gesterf het. God die Vader het Jesus se soenoffer vir ons sondes aanvaar.

Jesaja 53: 4-7
Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was.
Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal
 op Hom laat neerkom.
Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja,
Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.

So baie mense wil graag gered wees en hemel toe gaan na die eerste dood. Hulle sit hul hoop op byvoorbeeld geld, roem, prestige, geleerdheid en der duisende ander dinge. Baie meen goeie werke weeg swaarder as slegte werke en dat 'n magdom "goeie werke" tot hul saligheid sal lei. En dít terwyl geen een van ons werke goed is, tensy ons dit in geloof in Jesus se Naam doen nie.

Ander neem deel aan baie godsdienstige sakramente, staan voor afgodsbeelde van Maria, ander sogenaamde heiliges en duisende ander afgode. Groot menigtes gebruik gebedskraletjies of doen rituele, wat aan die belaglike grens, in die hoop dat hulle daardeur die hemel sal ingaan. Dit alles is net selfmisleiding en oëverblindery, want hulle het geen waarborg dat al die tientalle dinge hulle nader aan God bring nie. Inteendeel, God haat afgode en verag afgodedienaars.

Die ware geredde Christen weet egter dat die Bybel dit anders vir ons uitwys. Jesus Christus is ons ENIGSTE MIDDELAAR, GEEN enkele ander ene nie.

Want daar is een God en een Middelaar
tussen God en die mense, die Mens Christus Jesus,
1 Timótheüs 2:5

Christenskap is nie 'n godsdiens soos ander godsdienste nie. Nee, dit is 'n persoonlike verhouding tussen Jesus die Skepper, God die Vader en die Heilige Gees en die gelowige wat in nederigheid die gesag van die hemelse Koning aanvaar en uitreik en gehoorsaam glo aan Jesus as sy/haar Saligmaker, Redder, Skepper, Heiland en enigste, ENIGSTE Middelaar.

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net