Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Geestelike Groei

Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees,
wat op Sy goedertierenheid hoop.
Psalm 147:11



Meer oor Geestelike Groei

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Johannes 14:26 (Die Here stuur die Trooster)
Efésiërs 4:11-15 (Ons moenie meer kinders wees nie)
1 Petrus 2:1-5 (Verlange na die Woord)
1 Petrus 3:12-18 (Heilig die Here in ons harte)

Daar kom altyd verandering as mens bekeer en wedergebore word. Meestal is dit 'n langsame proses, omdat ons baie slegte gewoontes aangeleer het voor ons bekering, maar baie mense het ook al getuig van radikale en onmiddelike veranderinge in hul lewens. Dít kan ons wel getuig, naamlik dat die Here die Heilige Gees as Trooster gestuur het, soos aangedui in Johannes 14:26 en dat ons deur God gelei word, as ons Christene word. So sal ons alles leer en sal ons herinner word aan alles wat Jesus en die Woord sê.

maar die Trooster, die Heilige Gees,
wat die Vader in My Naam sal stuur,
Hy sal julle alles leer en sal julle herinner
aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Johannes 14:26

Sukkel jy om te groei in jou geestelike lewe. Wees verseker ons Heiland, Jesus Christus, weet wat pyn, hartseer, teleurstelling en al dergelike dinge is. As mens het Hy gely en is ons perfekte Hoëpriester, tog was Hy ook die volmaakte Adam, omdat Hy sonder sonde was en nie in die sonde verval het nie.

Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie met ons
 swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte
versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Hebreërs 4:15

Soek die Here se wil en nader dan tot God en vra vir leiding, krag en groei. Lees die Bybel gereeld en bid daagliks vir oorwinning en positiewe verandering. Soos Matthéüs 26:41 sê: Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Bid ernstig vir krag vir die wegdraai van sondes af, want die vyand bly altyd baie besig daar in die stryd, maar die Here help ons uit die versoekings en gee uitkoms.

Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
 1 Korinthiërs 10:13

Voel jy teleurgestel en lyk dit asof die Here nooit by Sy beloftes vir jou lewe uitkom nie. Onthou wat daar in 2 Petrus 3:9 staan.

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
2 Petrus 3:9

Wees geduldig en wag op die Here, Sy weg en Sy plan vir ons lewens bly die beste. Bly glo, bly bid en vra dat die Here jou ook deur al die woestyntye, sal leer, oplei en diensbaar maak vir dié dinge wat nog kom. Bly getrou en lewer goeie diens tot eer van die Here.

Moenie moed verloor om jou Meester Jesus te volg nie. As jy 'n gelowige lewe leef en God lief het gaan die wêreld jou vervolg en haat soos Matthéüs dit aandui.

En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Naam.
Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Matthéüs 10:22

Die wêreld het Hom, Jesus ons Redder, gehaat en so haat die wêreld ook nou nog Sy kinders met 'n innig haat. Ons moet nietemin baie getroue soldate in die Here se weermag bly.

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
Lukas 9:23

Laat ons dan vasstaan in die geloof, nie moed verloor nie, maar die helm van hoop ophou en die wapenrusting van geloof bly dra. Ons Here is almagtig en Sy wil sal altyd die beste wees vir ons. Ons moet gehoorsaam bly en bly glo en met vaste tred die pad wat Hy vir ons voorberei bly loop en voluit vir Hom uitleef.

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.
Openbaring 3:5

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net