Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Verdwaal

Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê,
want My toorn is van hulle afgewend.
Hosea 14:5



Verdwaalde

Belangrike Bybelverse om vooraf te lees

Romeine 6:11-15 (Dood vir die sonde, lewend vir God)
Jakobus 5:19-20 (Getuig)
Openbaring 2:5 (Onthou jou bekering)
Psalm 103:1-22 (Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders)

Het jy jare gelede halfhartig jou hart vir Jesus gegee, maar toe sommer gou weer jou eie, koppige, self begin uitleef? Het jou voornemens om Jesus te volg, soos mis voor die son verdwyn en jou krag om die Here te bly eer, soos water in 'n woestyn verdamp? Weet jy nou dat die talle afdwaalpaadjies, wat almal so oulik en mooi gelyk het, alles maar net skyn, leuens en valse beloftes was wat jou net verniel het en sieklik, arm, armgeestig en frustrerend agtergelaat het?

As jy terugdink aan daardie ontmoeting, kan jy kwalik onthou van die gebeure. Die opregtheid was dalk daar, maar dit was halfhartig, soos die dade daarna duidelik getoon het.

Ja, die gelowige kan soms ook nog weer die pad byster raak, al weet ons watter pad reg is. Die redes is veelvuldig. Hoogmoed, chaos in ons lewens, koppigheid, onkunde, haastigheid, vrees, slegte begeertes, verslawing, propaganda en manipulasie en der duisende ander dinge, versper en kom lê in die gelowiges se pad.

Ons moet standvastig en getrou bly in ons geloof en wanneer ons sondig, moet ons dit BAIE GOU voor Jesus Christus ons Saligmaker en Koning se voete kom bely. Hoe gouer hoe beter, voor ons sondes ander mense soos ons dierbaarste dierbares ook nog verder kan benadeel.

Die Here sê deur die profeet Sagaría, dat die afgedwaaldes na Hom moet terugkeer.

Sagaría 1:3-4
So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare.

Ek pleit aanhoudend en met erns by jou wat weggedwaal het. Laat staan die slegte weë en afvallige werke en keer terug na die Here.

Niks is so bedrieglik soos ons eie harte nie en dikwels is ons baie koppig en dwaas en sien nie sondes vir wat dit is nie. Dis dan dat ons foute by ander soek. Ons Here weet alles, maar ons moet dit ook in werklike, opregte berou voor Hom bring.

Jakobus 4:7-9
Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel,
en hy sal van julle wegvlug.
Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.

Dié van ons wat al jare gelowig is, weet dat die Here in sulke seer afdwaaltye, baie getrou is om ons te leer, te lei en op te help. Wat meer is, ons kan ook getuig dat sulke tye ons ook nog nader aan die Here gebring het, al het dit met baie trane gepaard gegaan.

Wanneer jy afgedwaal het, maak soos die skape van Sy weiding. Roep hard uit na Hom, bid dadelik en gereeld en was Sy voete met jou trane van berou. Staan dan weer in geloof op, nadat jy die Here om verskoning gevra het vir jou ontroue en sondige gedrag. Hy bly getrou en Sy vergifnis is groot en onbeskryflik genadig.

9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
10 Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
11 Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
1 Timótheüs 6:9-11

 

 

Tuis
Geestelike Groei
Geloof
Heiligmaking
Middelaar
Redding
Sonde
Verdwaal
Wedergeboorte

Op

 

TuisGeestelike GroeiGeloofHeiligmakingMiddelaarReddingSondeVerdwaalWedergeboorte

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net