Bekering: Joh 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 Johannes 1:9

 

Tuis

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Om te doen

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Filippense 4:6-8



Top 20 lysie

Net soos mens daagliks na jou dagboek kyk, help dit om perspektief te kry as mens die onderstaande Top 20 lysie byderhand hou. Natuurlik kan die lysie aangepas en uitgebrei word, maar die onderstaande is al 'n goeie begin.

1. Maak God my prioriteit
Bybelvers: Matthéüs 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

2. Spandeer tyd met Jesus. Lees die Bybel en bid.
Bybelvers: Psalm 27:8 Van U sê my hart: Soek My aangesig!
Ek soek U aangesig, o HERE!

3. Eer God in liggaam en in gees
Bybelvers: 1 Korinthiërs 6:19-20 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort

4. Bid in plaas van bekommer
Bybelvers: Filippense 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

5. Trek die wapenrusting aan
Bybelvers: Efésiërs 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

6. Wees eerlik oor my sondes
Bybelvers: Jakobus 4:10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

7. Dink aan ander
Bybelvers: Filippense 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.

8. Wag geduldig op God
Bybelvers: Psalm 27:14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

9. Kom my verantwoordelikhede na, al is dit moeilik
Bybelvers: Matthéüs 16:24 Toe sê Jesus vir Sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

10. Lees God se Woord GEREELD
Bybelvers: Psalm 119:10-11 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van U gebooie nie. Ek het U Woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

11. Dóén wat die Bybel sê
Bybelvers: Jakobus 1:22 En word daders van die Woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

12. Volg Jesus en laat Hy my lei
Bybelvers: Johannes 10:27 My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

13. Onthou die Here is my Herder
Bybelvers: Psalm 100:3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weide.
.

14. Wees dankbaar
Bybelvers: Filippense 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

15. Vergewe
Bybelvers: Psalm 103:12-14 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

16. Werk hard
Bybelvers: Kolossense 3:23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

17. Praat die waarheid
Bybelvers: Spreuke 12:22 Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.

18. Wees goedhartig
Bybelvers: Efésiërs 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

19. Bemoedig ander
Bybelvers: 1 Thessalonicense 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

20. Hê liefde vir mekaar
Bybelvers: 1 Petrus 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;

Besoek enige van die onderstaande webwerwe vir nog wenke hoe om jou Christelike karakter uit te bou.

'n Christen
Hierdie webwerf het onderwerpe soos:

Kaleidoskoop
Hierdie webwerf het artikels oor onder andere

 

 

Tuis

Op

 

Tuis

 

'n Christen ...

Kaleidoskoop


ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Web Design since 1998


Swallow Software

ARK Web Design © 2007 - 2023
ARK Webontwerp © 2007 - 2023

Bybel vir aflaai: Engel in pers en blou wat bidBybelteks
 Bible Text

arkpark.net