Voorwoord

Beste besoeker,
Dalk meen jy dat jy "toevallig" hier op hierdie
webwerf en op hierdie bladsy beland het. By die Here, wat Sy Meesterplan
uitvoer, is daar egter nie toevallighede nie. Hy het in tyd en ewigheid
elke enkele sekonde bestem. Ook die tyd wat jy uiteindelik jou sondes
sou insien, die rug daarop keer en in diep berou na Hom sou kom.
Hy staan en klop by die deur van jou hart. Maak jou
hart oop vir jou Redder en aanvaar Sy wonderlike genade-geskenk vir jou.
God het Sy skepping lief en wil nie dat een enkele
siel in die hel beland nie. Hy maak vandag voorsiening vir jou om in
volle oorgawe tot Hom te kom. Kom nou, net soos jy is met al jou sondes,
tekortkominge en slegte gewoontes. Berouvol en met 'n oop gemoed en
volle geloof en erns in jou hart. Gee jou hart VANDAG, hier en NOU vir
die Here met volle oorgawe en in volle voorneme en aanskou hoe Hy jou lewe omskep tot eer en verheerliking van
Sy Naam. Dan sal jy sien en beleef wat werklike liefde is.
Kom nou en laat ons die saak uitmaak,
sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos
sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Jesaja 1:18
 |