|
|
Ou Testament Skrifverwysings
|
|
| |
|
 |
Levítikus 19:17
Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy
moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen
sonde op jou laai nie. |
| |
|
 |
Josua 1:7-8 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel
volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk
daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg
kan handel, oral waar jy mag gaan. Hierdie wetboek mag nie
uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy
nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan;
want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy
met goeie gevolg handel. |
| |
|
 |
2 Kronieke
32:24-26
In dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar
hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom ‘n
wonderteken gegee. Maar Jehiskía het die weldaad wat aan hom
bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword.
Daarom was daar ‘n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem. Maar
Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart,
hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE
nie oor hulle gekom het in die dae van Jehiskía nie. |
| |
|
 |
Esra 10:1 En terwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis
doen voor die huis van God, kom daar uit Israel ‘n baie
groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom
bymekaar; want die volk het geween met ‘n groot geween. |
| |
|
 |
Nehemía 8:10
Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker
spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie
niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here.
Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is
julle beskutting. |
| |
|
 |
Job 19:25-27
Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as
laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur
het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ék sal
aanskou my ten goede, en my oë—en geen vreemde nie—sal sien, My
niere versmag van verlange in my binneste. |
| |
|
 |
Psalm 6
o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my
nie in u grimmigheid nie. Wees my genadig, HERE, want ek is
verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. Ja,
my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank? Keer terug,
HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil. Want
in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die
doderyk? Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem;
ek deurweek my bed met my trane. My oog het dof geword van
verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders. Gaan weg
van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het
die stem van my geween gehoor.
Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. Al
my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in
‘n oomblik beskaamd omdraai. |
| |
|
 |
Psalm 10:2-11
In sy trotsheid vervolg die goddelose die
ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat
hulle uitgedink het! Want die goddelose juig oor die begeerte
van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag
die HERE. Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy
ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes! Sy
weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom
af; al sy teëstanders—hy blaas op hulle. Hy sê in sy hart: Ek
sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie
in die ongeluk sal wees nie. Sy mond is vol van vloek en van
bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg. Hy sit
in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die
onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige. Hy loer in die
skuilhoek soos ‘n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te
vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; en
verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.
Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir
ewig sien Hy dit nie. |
| |
|
 |
Psalm 21:4
Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit
gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd. |
| |
|
 |
Psalm 23
Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei
Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van
geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ‘n dal van
doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u
stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my
aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my
beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van
my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van
dae. |
| |
|
 |
Psalm 27
Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek
vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek
vervaard wees? As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te
eet—my teëstanders en my vyande, ja, myne—struikel hulle self en
val. Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees
nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek. Een ding
het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae
van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die
lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy
tempel. Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy
verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n
rots. En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek
wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil
sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE. Hoor, o HERE, ek roep
luid; en wees my genadig en antwoord my. Van U sê my hart: Soek
my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE! Verberg u aangesig nie
vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp!
Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! Want my vader en
my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem. HERE,
leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande. Gee
my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse
getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. o, As
ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in
die land van die lewendes nie…. Wag op die Here! Wees sterk en
laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE! |
| |
|
 |
Psalm 31:11
Vanweë al my teëstanders het ek ‘n voorwerp van
smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en ‘n voorwerp van
skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van
my af. |
| |
|
 |
Psalm 34:17-18
Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit
al hul benoudhede. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees. |
| |
|
 |
Psalm 37:25-26
Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die
regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n
seën. |
| |
|
 |
Psalm 40:4–5
En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n
lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op
die HERE vertrou. Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in
die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars
nie. Groot dinge het U gedoen, HERE my God—u wonders en gedagtes
vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit
verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. |
| |
|
 |
Psalm 43:5
Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy
onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof—die
verlossing van my aangesig en my God! |
| |
|
 |
Psalm 46:1-3
‘n Lied. God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as
hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie
vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die
hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat
die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela. |
| |
|
 |
Psalm 51
Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my
sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor
my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u
oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder
my ontvang. Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die
binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek
witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat
die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my
sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ‘n rein
hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van
my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my
deur ‘n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat
die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o
God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het
geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer
het U geen behae nie. Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n
gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Doen goed
aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. Dan sal U
‘n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en
voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. |
| |
|
 |
Psalm 91:3-7
Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van
die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy
vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en
pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die
pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel,
vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar
duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal
dit nie aankom nie. |
| |
|
 |
Psalm 103:3
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou
krankhede genees, |
| |
|
 |
Psalm 107:23-31 |
| |
Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat
handel drywe op die groot waters— húlle het die werke van die
HERE gesien en sy wonders in die diepte. Want Hy het gespreek en
‘n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes—hulle
siel het vergaan van wee. Hulle het getuimel en gewaggel soos ‘n
dronk man, en al hulle wysheid is verwar. Toe het hulle die HERE
aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle
uitgelei. Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het
stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en
Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. Laat hulle die
HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die
mensekinders |
| |
|
 |
Psalm 116:13
Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE
aanroep. |
| |
|
 |
Psalm 116:15
Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy
gunsgenote. |
| |
|
 |
Psalm 119:75
Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat
U my uit getrouheid verdruk het. |
| |
|
 |
Psalm 121
‘n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die
berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat
hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel
sluimer of slaap nie. Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou
skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek
nie, die maan ook nie by nag nie. Die HERE sal jou bewaar vir
elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en
jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. |
| |
|
 |
Psalm 145:14-16
Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig
almal op wat neergeboë is. Die oë van almal wag op U, en U gee
hulle hul spys op die regte tyd. U maak u hand oop en versadig
alles wat lewe met welbehae. |
| |
|
 |
Psalm 147:3
Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy
verbind hulle wonde. |
| |
|
 |
Psalm 150 1 Halleluja! Loof God in Sy heiligdom, loof Hom in Sy sterk
uitspansel! 2 Loof Hom oor Sy magtige dade, loof Hom na die volheid van
Sy grootheid! 3 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;
4 loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel
en fluit; 5 loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende
simbale! 6 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja! |
| |
|
 |
Spreuke 8:13
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed
en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat
ek. |
| |
|
 |
Spreuke 9:11
Want deur my word jou dae meer en word jare van
lewe vir jou toegevoeg. |
| |
|
 |
Spreuke 10:12
Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die
oortredinge. |
| |
|
 |
Spreuke 10:27
Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar
die jare van die goddelose word verkort. |
| |
|
 |
Spreuke 12:4
‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar
een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente. |
| |
|
 |
Spreuke 15:17 |
| |
Liewer ‘n porsie groente waar liefde by is,
as ‘n vetgevoerde bees en haat daarby. |
| |
|
 |
Spreuke 16:25 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde
daarvan is die weë van die dood. |
| |
|
 |
Spreuke 16:32
Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy
gees beheers, as een wat ‘n stad inneem. |
| |
|
 |
Spreuke 20:1
Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n
lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys
nie. |
| |
|
 |
Spreuke 20:24
Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af:
hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan? |
| |
|
 |
Spreuke 22:24-25
Verkeer nie met ‘n driftige man nie, en met ‘n
opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, sodat jy nie gewend raak
aan sy paaie en ‘n strik vir jouself span nie. |
| |
|
 |
Spreuke 23:17
Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar
wees die hele dag in die vrees van die HERE. |
| |
|
 |
Spreuke 24:16-20
Want sewe maal val die regverdige en staan weer
op, maar die goddelose struikel in die ongeluk. As jou vyand
val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig
nie, dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy
oë en Hy sy toorn van hom afwend nie. Vererg jou nie oor die
kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie. Want
die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose
gaan dood. |
| |
|
 |
Spreuke 27:1-2
Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy
weet nie wat die dag sal bring nie. Laat ‘n ander jou prys en
nie jou eie mond nie; ‘n vreemde, en nie jou eie lippe nie. |
| |
|
 |
Spreuke 28:13
Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig
wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid
vind. |
| |
|
 |
Prediker 11:10
En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale
weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is
nietigheid. |
| |
|
 |
Jesaja 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was
julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al
was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. |
| |
|
 |
Jesaja 25:8
Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here
HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die
smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE
het dit gespreek. |
| |
|
 |
Jesaja 26:3
U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede
bewaar, want hulle vertrou op U. |
| |
|
 |
Jesaja
44:22–23 Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes
soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.
Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes
van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al
die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal
Homself verheerlik aan Israel. |
| |
|
 |
Jesaja 48:10
Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer
nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende. |
| |
|
 |
Jesaja 51:12
Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy
bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind
wat oorgegee word soos gras? — |
| |
|
 |
Jesaja 55:6–11
Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom
aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die
kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan
sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef
menigvuldiglik. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en
julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die
hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my
gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van
die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde
deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee
aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat
uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar
doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit
stuur |
| |
|
 |
Jesaja 64:6-8
En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons
geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal
verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer
soos die wind. En daar was niemand wat u Naam aangeroep het,
wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u
aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons
ongeregtighede. Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die
klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u
hand. |
| |
|
 |
Jeremia 3:22
Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle
afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die
HERE onse God. |
| |
|
 |
Jeremia
50:4–5 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die
kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam;
onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek.
Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle
aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit
in ‘n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie. |
| |
|
 |
Eségiël 36:26
En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe
gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit
julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. |
| |
|
 |
Daniël 9:1–19
1 In die eerste jaar van Daríus, die seun van Ahasvéros,
uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die
koninkryk van die Chaldeërs, 2 in die eerste jaar van sy
regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal
jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia
gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem,
sewentig volle jare was. 3 En ek het my aangesig tot die
Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan
gebed en smekinge te wy. 4 En ek het tot die HERE my God
gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en
gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir
die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, 5 ons het
gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in
opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. 6 En
ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u
Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons
vaders en tot die hele volk van die land nie. 7 Aan U, Here,
kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die
aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan
die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat
naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle
verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. 8
Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons
konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen
U gesondig het. 9 By die Here onse God is barmhartigheid en
vergewing, want ons het teen Hom opgestaan 10 en na die stem
van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette
wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete,
voorgehou het nie. 11 Maar die hele Israel het u wet oortree
en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie;
daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat
geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons
het teen Hom gesondig. 12 En Hy het sy woorde in vervulling
laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat
ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat
onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie;
13 soos in die wet van Moses geskrywe is—al hierdie onheil
het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse
God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons
ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie. 14 Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons
te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke
wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie. 15
Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met ‘n
sterke hand uitgelei en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit
vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos. 16 o Here,
laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid
van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om
ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is
Jerusalem en u volk ‘n voorwerp van versmading vir almal
rondom ons. 17 Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u
kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u
aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. 18 Neig u oor, my
God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en
die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van
ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer
nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. 19 Here,
hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog
nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u
volk uitgeroep. |
| |
|
 |
Daniël 12:2
En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal
ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot
smaadheid, vir ewig afgryslik. |
| |
|
|
|

| |




|