|
Nuwe Testament Skrifverwysings
|
|
|
 |
Matthéüs 2:6
En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die
geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n
leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. |
|
|
 |
Matthéüs 3:11
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná
my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om
aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en
met vuur. |
|
|
 |
Matthéüs 5:21-22 |
|
Julle het gehoor dat aan die mense van
die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen
wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar
Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede
kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen
wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor
die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet
verantwoording doen in die helse vuur. |
|
|
 |
Matthéüs 6:19-21
Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar
mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar
maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot
of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. |
|
|
 |
Matthéüs 6:31-34 |
|
Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat
sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek
nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle
hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en
al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus
nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel.
Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. |
|
|
 |
Matthéüs 7:3-5
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou
broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of
hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter
uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy
goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te
haal. |
|
|
 |
Matthéüs 11:28-30
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal
julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek
is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir
julle siele; want my juk is sag en my las is lig. |
|
|
 |
Matthéüs 18:2-4
Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom
in hulle midde staan en Hy sê: Voorwaar Ek sê
vir julle, as julle nie verander en soos die
kindertjies word nie, sal julle nooit in die
koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan
wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is
die grootste in die koninkryk van die hemele. |
|
|
 |
Matthéüs
28:19
Die Bybel sê: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die
nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun
en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat
Ek julle beveel het. |
|
|
 |
Markus 4:18-20
En hulle by wie in die dorings
gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en
die sorge van hierdie wêreld en die verleiding
van die rykdom en die begeerlikhede in verband
met die ander dinge kom in en verstik die woord,
en dit word onvrugbaar. En dit is hulle by wie
in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord
hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en
een sestig— en een honderdvoudig. |
|
|
 |
Markus
8:36-37
Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en
aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir
sy siel? |
|
|
 |
Markus 10:17
En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom
toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester,
wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? |
|
|
 |
Lukas 3:22
en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n
duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom
wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae. |
|
|
 |
Lukas 12:15-21
En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir
die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed
van sy besittings nie. Toe vertel Hy hulle hierdie
gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra. En hy het by
homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het
geen plek waar ek my oes kan insamel nie? Toe sê hy: Dit sal
ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal
daar al my opbrengste en my goed insamel. En ek sal vir my
siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie
jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Maar God het aan
hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van
jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie
ryk is in God nie. |
|
|
 |
Lukas 17:3-4
Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig,
bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe
maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou
terugkom en sê: Ek het berou—moet jy hom vergewe. |
|
|
 |
Lukas 18:11-14
En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o
God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is
nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie
tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes
van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg
gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar
het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar,
genadig! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig
na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat
homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself
verneder, sal verhoog word. |
|
|
 |
Johannes 1:1-5
In die begin was die Woord, en die Woord was
by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een
ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die
lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die
duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. |
|
|
 |
Johannes 3:1-21
En daar was 'n man uit die Fariseërs met die
naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode. Hy het in die
nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n
leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie
tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. Jesus
antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as
iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van
God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as
hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die
skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus
antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie
gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk
van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is
vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou
verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore
word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid,
maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So
is elkeen wat uit die Gees gebore is. Nikodémus antwoord en
sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? Jesus antwoord en
sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie
dinge nie? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat
ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem
ons getuienis nie aan nie. As Ek julle van die aardse dinge
vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle
van die hemelse vertel? En niemand het opgevaar in die hemel
nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik
die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die
slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die
mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het
God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar
die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld
gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die
wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie
veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds
veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die
eniggebore Seun van God nie. En dit is die oordeel: dat die
lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis
liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want
elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig
nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die
waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan
word, dat hulle in God gedoen is. |
|
|
 |
Johannes 5:22
Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar
het die hele oordeel aan die Seun gegee, |
|
|
 |
Johannes 6:37 |
|
Al wat die Vader My gee, sal na My toe
kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. |
 |
Johannes 8:32 |
|
En julle sal die waarheid
ken, en die waarheid sal julle vrymaak. |
|
|
 |
Johannes
10:10
Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. |
|
|
 |
Johannes 11:4
En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte
is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van
God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. |
|
|
 |
Johannes 14:6
Jesus antwoord hom: Ek is die WEG en die WAARHEID en die
LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. |
|
|
 |
Johannes 14:18
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek
kom weer na julle toe. |
|
|
 |
Johannes
14:26-27
maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my
Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle
herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Vrede laat Ek
vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld
gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word
en bang wees nie. |
|
|
 |
Johannes 14:28
Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het:
Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My
liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan
na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek. |
|
|
 |
Handelinge
3:15
en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het
Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is. |
|
|
 |
Handelinge
3:19
Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes
uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig
van die Here mag kom. |
|
|
 |
Handelinge
4:12
En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is
ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense
gegee is, waardeur ons gered moet word nie. |
|
|
 |
Handelinge
5:31
Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy
regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van
sondes te skenk. |
|
|
 |
Handelinge
9:1–19
1 Maar Saulus, wat nog dreiging en moord
geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die
hoëpriester gegaan 2 en van hom briewe gevra aan die
sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van
die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na
Jerusalem kon bring. 3 En toe hy op sy reis naby Damaskus
kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af; 4 en hy
val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul,
waarom vervolg jy My? 5 En hy sê: Wie is U, Here? En die
Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir
jou om teen die prikkels te skop. 6 En terwyl hy bewe en
verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die
Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal
jou gesê word wat jy moet doen. 7 En die manne wat saam met
hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die
stem hoor, maar niemand sien nie. 8 Toe staan Saulus van die
grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand
gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in
Damaskus ingebring. 9 En drie dae lank het hy niks gesien
nie, en niks geëet of gedrink nie. 10 En daar was 'n
dissipel in Damaskus met die naam van
Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías!
En hy antwoord: Hier is ek, Here. 11 Toe sê die Here vir
hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word
Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die
naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; 12 en hy het
in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en
hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien. 13 Maar Ananías
antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man
gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen
het; 14 en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal
te boei wat u Naam aanroep. 15 Maar die Here sê vir hom:
Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te
dra voor nasies en konings en die kinders van Israel. 16
Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly. 17 En
Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande
opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur,
naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy
gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees
vervul word. 18 En dadelik het daar iets soos skille van sy
oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het
opgestaan en is gedoop. 19 En nadat hy voedsel gebruik het,
het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met
die dissipels in Damaskus. |
|
|
 |
Handelinge 16:25–34
25 En omtrent middernag het Paulus en Silas
gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die
gevangenes het na hulle geluister. 26 En skielik kom daar 'n
groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis
geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die
boeie van almal het losgeraak. 27 En die tronkbewaarder het
wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die
gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself
om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug
het. 28 Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê:
Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier. 29
En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende
voor Paulus en Silas neer. 30 En hy het hulle na buite
gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal
gered word, jy en jou huisgesin. 32 En hulle het aan hom die
woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis
was. 33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem
en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al
sy mense. 34 Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n
maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin
dat hy tot geloof in God gekom het. |
|
|
 |
Romeine 3:10-12
soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig
nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is
nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal
afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed
doen nie, daar is selfs nie een nie. |
|
|
 |
Romeine 3:23
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God. |
|
|
 |
Romeine 4:18-22
Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader
sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou
nageslag wees. En sonder om te verswak in die geloof het hy,
al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie
liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe
toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie
deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy
is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee. |
|
|
 |
Romeine 5:1-2
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is,
het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie
ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie
genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die
heerlikheid van God. |
|
|
 |
Romeine 5:3
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in
die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking
lydsaamheid werk, |
|
|
 |
Romeine 5:6
Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir
die goddelose gesterwe. |
|
|
 |
Romeine 5:8
maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons
gesterf het toe ons nog sondaars was. |
|
|
 |
Romeine 6:23
Want die loon van die sonde is die dood, maar die
genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse
Here. |
|
|
 |
Romeine 8:1
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat
in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees
wandel nie, maar na die Gees. |
|
|
 |
Romeine 8:18
Want ek reken dat die lyding van die
teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons
geopenbaar sal word nie. |
|
|
 |
Romeine 8:28
En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten
goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. |
|
|
 |
Romeine 8:31-39
Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God
vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun
nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het,
hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk
nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van
God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat
veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog,
wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is,
wat ook vir ons intree. Wie sal ons skei van die liefde van
Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger
of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U
ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as
slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is
versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of
magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of
diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die
liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is
nie. |
|
|
 |
Romeine
10:9-11
As jy met jou mond die Here Jesus bely en in jou hart berou
het oor jou sondes en vas glo dat God Hom uit die dode
opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons
tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Die
Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. |
|
|
 |
Romeine
10:13-17
13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal
gered word. 14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle
nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle
nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat
preek? 15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word
nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat
die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie
van die goeie verkondig! 16 Maar hulle was nie almal
gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê:
Here, wie het ons prediking geglo? 17 Die geloof is dus uit
die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. |
|
|
 |
Romeine 12:12
verbly julle in die hoop; wees geduldig in
die verdrukking; volhard in die gebed. |
|
|
 |
Romeine 13:9
Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie
doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse
getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander
gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself. |
|
|
 |
Romeine 14:7-8
Want niemand van ons leef vir homself nie en
niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons
tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer
van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort
aan die Here. |
|
|
 |
1 Korinthiërs
1:27
maar wat dwaas is by die wêreld,
het God uitverkies om die wyse te beskaam; en
wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om
wat sterk is, te beskaam; |
|
|
 |
1 Korinthiërs
3:15-16
as iemand se werk verbrand word, sal hy skade
ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur
heen. Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die
Gees van God in julle woon nie? |
|
|
 |
1 Korinthiërs
7:10-17
En aan die getroudes beveel
ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie
van die man moet skei nie; en as sy tog van hom
skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar
man versoen; en dat die man sy vrou nie moet
verstoot nie. Maar vir die ander sê ek—nie die
Here nie—as enige broeder 'n ongelowige vrou het
en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet
hy haar nie verstoot nie; en as 'n vrou 'n
ongelowige man het, en hy dit goedvind om met
haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
Want die ongelowige man is geheilig deur die
vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur
die man; want anders sou julle kinders onrein
wees, maar nou is hulle heilig. Maar as die
ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke
gevalle is die broeder of suster nie gebonde
nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe
weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe
weet jy, man, of jy die vrou sal red? Maar
elkeen moet wandel net soos God hom dit
toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het.
En so bepaal ek in al die gemeentes. |
|
|
 |
1 Korinthiërs
10:13
Geen versoeking het julle
aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is
getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle
kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met
die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle
dit sal kan verdra. |
|
|
 |
1 Korinthiërs
13:4
Die liefde is lankmoedig en
vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die
liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase
nie, |
|
|
 |
1 Korinthiërs
14:33
want God is nie 'n God van
wanorde nie, maar van vrede, soos in al die
gemeentes van die heiliges. |
|
|
 |
1
Korinthiërs 15:3-6
Want in die eerste plek het ek aan julle
oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons
sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe
is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die
Skrifte; en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die
twaalf. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd
broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar
sommige al ontslaap het. |
|
|
 |
1 Korinthiërs
15:54-57
En wanneer hierdie verganklike
met onverganklikheid beklee is en hierdie
sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal
vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood
is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou
angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die
angel van die dood is die sonde, en die krag van
die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons
die oorwinning gee deur onse Here Jesus
Christus. |
|
|
 |
2 Korinthiërs
3:4-5
So 'n vertroue het ons deur
Christus by God. Nie dat ons uit onsself bekwaam
is om iets as uit onsself te bedink nie, maar
ons bekwaamheid is uit God, |
|
|
 |
2 Korinthiërs
4:8-10
In alles word ons verdruk, maar
ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë,
maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate
nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig
dra ons die doding van die Here Jesus in die
liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in
ons liggaam openbaar kan word. |
|
|
 |
2 Korinthiërs 5:17
Daarom, as iemand in Christus is,
is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het
verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. |
|
|
 |
2 Korinthiërs
6:14-18
Moenie in dieselfde juk trek saam
met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap
het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en
watter gemeenskap het die lig met die
duisternis? En watter ooreenstemming het
Christus met Bélial, of watter aandeel het die
gelowige met die ongelowige? Of watter
ooreenkoms het die tempel van God met die
afgode? Want julle is die tempel van die lewende
God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon
en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees,
en hulle sal vir My 'n volk wees. Daarom, gaan
onder hulle uit en sonder julle af, spreek die
Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek
sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader
wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,
spreek die Here, die Almagtige. |
|
|
 |
2 Korinthiërs
12:9-10
En Hy het vir my gesê: My genade
is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid
volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede
roem, sodat die krag van Christus in my kan
woon. Daarom het ek behae in swakhede, in
mishandelinge, in node, in vervolginge, in
benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is,
dan is ek sterk. |
|
|
 |
Galásiërs 5:1
Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus
ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van
diensbaarheid bring nie. |
|
|
 |
Efésiërs
2:8-9
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit
nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die
werke nie, sodat niemand mag roem nie. |
|
|
 |
Efésiërs 4:26-27
Word toornig en moenie sondig nie; laat die
son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel
geen plek nie. |
|
|
 |
Efésiërs 4:30-31
En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie
julle verseël is tot die dag van verlossing. Alle bitterheid
en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle
verwyder word, saam met alle boosheid. |
|
|
 |
Efésiërs
5:8-9
Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig
in die Here—wandel soos kinders van die lig. Want die vrug
van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en
waarheid. |
|
|
 |
Efésiërs
6:10-20
Eindelik, my broeders, word kragtig in die
Here en in die krag van sy sterkte.
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande
kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd
is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen
die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van
hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem
die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan
bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring
het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die
waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die
evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van
die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose
sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die
swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle
met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die
Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking
vir al die heiliges en vir my, sodat 'n woord my gegee mag
word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die
verborgenheid van die evangelie bekend te maak, waarvoor ek
'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag
spreek soos ek moet spreek. |
|
|
 |
Filippense 4:6-8
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle
begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging
bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand
te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in
Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles
wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is,
alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en
watter lof daar ook mag wees, bedink dit. |
|
|
 |
Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my
krag gee. |
|
|
 |
Filippense 4:19
En my God sal elke behoefte van
julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur
Christus Jesus. |
|
|
 |
Kolossense 3: 1-17
1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die
dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God
sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde
is nie. 3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met
Christus verborge in God. 4 Wanneer Christus, wat ons lewe
is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in
heerlikheid geopenbaar word. 5 Maak dood dan julle lede wat
op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog,
slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 6
waardeur die toorn van God oor die kinders van die
ongehoorsaamheid kom, 7 waarin julle ook vroeër gewandel het
toe julle daarin geleef het. 8 Maar nou moet julle ook dit
alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster,
skandelike taal uit julle mond. 9 Lieg nie vir mekaar nie,
omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10 en julle
jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis
na die beeld van sy Skepper,
11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene,
barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles
en in almal. 12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God,
heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming,
goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid,
lankmoedigheid. 13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die
een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef
het, so moet julle ook doen. 14 En beklee julle bo dit alles
met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. 15 En
laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam
geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. 16 Laat
die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.
Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike
liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van
die Here. 17 En wat julle ook al doen in woord of in daad,
doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die
Vader deur Hom. |
|
|
 |
1 Thessalonicense
2:1–2
Julle weet tog self, broeders, dat ons ingang
by julle nie tevergeefs was nie; maar alhoewel ons
vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel
is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die
evangelie van God te verkondig onder veel stryd. |
|
|
 |
1 Thessalonicense
4:13-14
Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle
onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie,
sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal
God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom
bring. |
|
|
 |
2 Thessalonicens
3:3
Maar die Here is getrou; Hy sal
julle versterk en bewaar van die Bose. |
|
|
 |
1
Timótheüs 1:12–14
En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus,
onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel
het, my wat vroeër 'n lasteraar en 'n vervolger en 'n
geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat
ek dit onwetend gedoen het in ongeloof. En die genade van
onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in
Christus Jesus is. |
|
|
 |
1 Timótheüs
2:5
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die
mense, die mens Christus Jesus, |
|
|
 |
1 Timótheüs 6:17
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld
om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel
op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende
God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; |
|
|
 |
2 Timótheüs 1:7
Want God het ons nie 'n gees van
vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en
selfbeheersing. |
|
|
 |
2 Timótheüs
2:3
Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van
Jesus Christus. |
|
|
 |
2
Timótheüs 3:1-5
Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees,
geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,
ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder
natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos,
wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos,
verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag
daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. |
|
|
 |
2
Timótheüs 3:14-17
Maar bly jy in wat jy
geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie
jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige
Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die
geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee
en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing,
tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God
volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. |
|
|
 |
2 Timothy 3: 14-17 |
|
But continue thou in the things which thou
hast learned and hast been assured of, knowing of whom thou
hast learned them; And that from a child thou hast known the
holy Scriptures, which are able to make thee wise unto
salvation through faith which is in Christ Jesus. All
Scripture is given by inspiration of God, and is profitable
for doctrine, for reproof, for correction, for instruction
in righteousness:
That the man of God may be perfect, thoroughly furnished
unto all good works. |
|
|
 |
Titus 2:11-12
Want die reddende genade van God het aan alle
mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse
begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in
die teenwoordige wêreld te lewe, |
|
|
 |
Hebreërs 5:8-9
Hy, al was Hy die Seun, het
gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en
nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom
gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid
geword |
|
|
 |
Hebreërs 8:6
Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir
sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter
beloftes wettelik gegrond is. |
|
|
 |
Hebreërs 9:15
En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat,
terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van
die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe
is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. |
|
|
 |
Hebreërs
10:11–18
En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar
te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog
nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy het, nadat Hy een
slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan
die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande
gemaak is 'n voetbank van sy voete. Want deur een offer het
Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En ook die
Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore
gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná
dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in
hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan
hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink
nie. Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar
geen offer meer vir die sonde nie. |
|
|
 |
Hebreërs
10:31-39
Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende
God. Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle
verlig geword het, 'n groot lydensworsteling deurstaan het,
gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 'n
skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote
geword het van die wat in so 'n toestand verkeer het. Want
julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het
die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat
julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende
besitting in die hemele het. Werp dan julle vrymoedigheid,
wat 'n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het
lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen
het, die belofte te verkry. Want nog 'n klein tydjie, en Hy
wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal
uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen
welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking
tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.
|
|
|
 |
Hebreërs
11:1-40
1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat
ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 2
Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis
ontvang. 3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur
die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien
word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. 4 Deur die
geloof het Abel 'n beter offer aan God gebring as Kain,
waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was,
omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur
dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is. 5 Deur die
geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy
is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy
wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. 6
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy
wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van
die wat Hom soek. 7 Deur die geloof het Noag, toe hy 'n
goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie
gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak
tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld
veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die
geregtigheid wat volgens die geloof is. 8 Deur die geloof
het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die
plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek
sonder om te weet waar hy sou kom. 9 Deur die geloof het hy
as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n
vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die
mede-erfgename van dieselfde belofte. 10 Want hy het die
stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester
en oprigter is. 11 Deur die geloof het Sara self ook krag
ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was,
het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof
het. 12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit 'n
verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en
soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.
13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die
beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien
en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en
bywoners op aarde was. 14 Want die wat sulke dinge sê,
verklaar dat hulle 'n vaderland soek. 15 En as hulle bly
dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou
hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16 Maar nou
verlang hulle na 'n beter een, dit is 'n hemelse. Daarom
skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie,
want Hy het vir hulle 'n stad berei. 17 Deur die geloof het
Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy
wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,
18 aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem
word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die
dode op te wek; 19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek,
terug ontvang. 20 Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau
geseën met die oog op die toekoms. 21 Deur die geloof het
Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en
hy het aanbid terwyl hy leun op die knop van sy staf. 22
Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding
gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel
gegee aangaande sy gebeente. 23 Deur die geloof is Moses ná
sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat
hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie
die gebod van die koning gevrees nie. 24 Deur die geloof het
Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao
se dogter genoem te word, 25 omdat hy verkies het om liewer
sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd
lank die genot van die sonde te hê, 26 en die smaad van
Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte,
want hy het uitgesien na die beloning. 27 Deur die geloof
het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te
vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike
sien. 28 Deur die geloof het hy die pasga gehou en die
besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle
eersgeborenes nie sou aanraak nie. 29 Deur die geloof het
hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl
die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het. 30
Deur die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar
sewe dae lank omheen getrek was. 31 Deur die geloof het
Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie,
omdat sy die spioene in vrede ontvang het. 32 En wat sal ek
nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon,
Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou
verhaal, 33 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het,
geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus
toegestop, 34 die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van
die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper
gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug
gedryf het. 35 Vroue het hulle dode deur opstanding
teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding
aanneem nie, om 'n beter opstanding te kan verkry. 36 Ander
weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan,
ook van boeie en gevangenis. 37 Hulle is gestenig, in stukke
gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het
rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek
gely, hulle is verdruk, mishandel— 38 die wêreld was hulle
nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge
en in spelonke en skeure in die grond. 39 En alhoewel hulle
almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die
belofte nie verkry nie, 40 omdat God iets beters oor ons
beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. |
|
|
 |
Hebreërs 12:2
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van
die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die
kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant
van die troon van God gaan sit het. |
|
|
 |
Hebreërs 12:15
en pas op dat niemand in die genade van God
veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en
onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. |
|
|
 |
Hebreërs 13:4
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees
en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers
oordeel. |
|
|
 |
Jakobus 1:2-4, 12
Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer
julle in allerhande versoekinge val, omdat julle
weet dat die beproewing van julle geloof
lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet
tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak
en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom
nie.
Salig is die man wat versoeking verdra, want as
hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van
die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die
wat Hom liefhet. |
|
|
 |
Jakobus 1:19
So dan, my geliefde broeders, elke mens moet
gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig
om toornig te word. |
|
|
 |
Jakobus 3:14-16
Maar as julle bittere afguns en selfsug in
julle hart het, moenie roem en lieg teen die
waarheid nie. Dít is nie die wysheid wat van bo
kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; want
waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en
allerhande gemene dade. |
|
|
 |
Jakobus
5:15–17
En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die
Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit
hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir
mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n
regverdige het groot krag. Elía was 'n mens net soos ons, en
hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het
op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; |
|
|
 |
1
Petrus 2:23
wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel
het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit
oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; |
|
|
 |
1 Petrus 4:12-13
Geliefdes, verbaas julle nie oor die
vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle
beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar
namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet
julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy
heerlikheid met blydskap kan jubel. |
|
|
 |
1 Petrus 4:19
So laat dan ook die wat volgens
die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die
getroue Skepper toevertrou met goeie dade. |
|
|
 |
2 Petrus 1:5-8
En juis daarom ook moet julle met
aanwending van alle ywer by julle geloof voeg
die deug, en by die deug die kennis, en by die
kennis die selfbeheersing, en by die
selfbeheersing die lydsaamheid, en by die
lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die
broederliefde, en by die broederliefde die
naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle
aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie
ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here
Jesus Christus nie; |
|
|
 |
2 Petrus 2:9
die Here weet om die godsaliges
uit versoeking te verlos en die onregverdiges te
bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te
word; |
|
|
 |
2
Petrus 2:19
Hulle belowe vryheid aan hulle,
terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid
is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan
het hy ook 'n slaaf geword. |
|
|
 |
1 Johannes
1:8-10
As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en
die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy
is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons
van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie
gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is Sy
Woord nie in ons nie. |
|
|
 |
1 Johannes
2:1-2
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle
nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n
Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En
Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons
s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. |
|
|
 |
1 Johannes 2:9-17
Hy wat sê dat hy in die lig is en
sy broeder haat, is in die duisternis tot nou
toe. Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en
in hom is geen oorsaak van struikeling nie. Maar
hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en
wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy
gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind
het. Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die
sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil. Ek
skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat
van die begin af is. Ek skryf aan julle,
jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek
skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader
ken. Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat
julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het
aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk
is en die woord van God in julle bly en julle
die Bose oorwin het. Moenie die wêreld liefhê of
die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand
die wêreld liefhet, dan is die liefde van die
Vader nie in hom nie. Want alles wat in die
wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die
begeerlikheid van die oë en die grootsheid van
die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit
die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy
begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen,
bly vir ewig. |
|
|
 |
1 Johannes 5:4-8
Want alles wat uit God gebore is,
oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat
die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie
anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat
glo dat Jesus die Seun van God is? Dit is Hy wat
deur water en bloed gekom het, Jesus die
Christus; nie deur die water alleen nie, maar
deur die water en die bloed; en dit is die Gees
wat getuig, want die Gees is die waarheid.
Want daar is drie wat getuig in die hemel: die
Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie
drie is een; en daar is drie wat getuig op die
aarde: die Gees en die water en die bloed, en
die drie is eenstemmig. |
|
|
 |
Openbaring
1:17-18
En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan
sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê:
Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die
lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle
ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en
van die dood. |
|
|
 |
Openbaring 21:3–4
En ek het 'n groot stem uit die
hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by
die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal
sy volk wees; en God self sal by hulle wees as
hulle God. En God sal al die trane van hulle oë
afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook
droefheid en geween en moeite sal daar nie meer
wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. |
|
|
|
|

| |




|