Bemoediging
|
Die wat na die see toe
afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters— húlle
het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die
diepte. Want Hy het gespreek en ‘n stormwind laat opsteek
wat die golwe daarvan opgesweep het. Hulle het opgerys na
die hemel, neergedaal na die dieptes—hulle siel het vergaan
van wee. Hulle het getuimel en gewaggel soos ‘n dronk man,
en al hulle wysheid is verwar. Toe het hulle die HERE
aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle
uitgelei. Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe
het stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword
het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy
wonderdade aan die mensekinders.
Psalm 107:23-31 |
God bly ons anker in tye van
nood en die Bybel, Sy brief aan ons, kan met groot nut gebruik word in
tye van probleme, vertwyfelinge, siektes, kragteloosheid, moedeloosheid,
depressie, hartseer en 'n duisend ander lewensvrae en situasies.
'n Paar sulke onderwerpe word
gegee met enkele toepaslike Bybelverwysings. Die aangeduide tekse is net
enkele rigtingwysers. Dis verkieslik dat die hele hoofstuk of dan
minstens die paragraaf voor en na die aangeduide Bybelvers ook gelees
word om beter oorsig oor die konteks van die teks te kry.
Mag die lys
hieronder tot
bemoeding dien.

 |